top of page

Meer oor

Kinderkinetika as 'n professie

Leer meer oor Kinderkinetika

Meer oor Kinderkinetika:

Wat is Kinderkinetika?

​

Kinderkinetika is ‘n wetenskaplik-gegronde neuro-motoriese bewegingsprogram wat fokus op die optimale ontwikkeling van kinders.  Kinderkinetika bied ook die geleentheid om enige onderliggende probleem wat die normale ontwikkelingsproses van kinders mag strem, te identifiseer en vroegtydig reg te stel. Hierdie program word terapeuties, voorkomend en/of bevorderend aangebied om by die spesifieke behoeftes van u kind aan te pas soos vasgestel deur wetenskaplike evaluasies.

​

​

​

Waarom is Kinderkinetika belangrik vir jou kind?
​

Die eerste sewe jaar van ‘n kind se lewe is ‘n kritieke tydperk vir ontwikkeling. Die meeste fundamentele motoriese vaardighede ontwikkel in hierdie tyd. Dit dien as basis vir latere sosiale, emosionele, perseptueel-motoriese, fynmotoriese, skolastiese, sport en kognitiewe vaardighede. Die fokus is op pret en speel waartydens kinders deur ‘n opgeleide Kinderkinetikus deur die speel-en-leer proses begelei word. Kinders word ook deurentyd gemonitor en motoriese vaardighede geëvalueer om vas te stel of die kind op die regte ontwikkelingsvlak funksioneer.  Sodoende kan vroegtydige hulp / intervensie in die vorm van remediëring aan kinders voorsien word waar nodig. Die doel van die stimulasie programme is om die kind te begelei om “skoolgereed” te wees, sodat die fisieke uitdagings van grootmotoriese beweging met sukses hanteer kan word en sodoende skoolprestasie te verbeter,

​

Remediërende lesse spreek 'n kind se individuele en spesifieke behoeftes aan.  'n Groot persentasie kinders sukkel vandag met aandagafleibaarheid, hiperaktiwiteit, lae spiertonus, balans ens. Grootmotoriese agterstande is 'n realiteit in ons sameweling as gevolg van onvoldoende speelruimte, ouers wat werk, onveilige omstandighede en onvoldoende stimulasie. Grootmotoriese agterstande kan weer akademiese-, emosionele-, gedrags- en sosiale probleme veroorsaak. Deur professionele en individuele hulp word al hierdie probleme by jou kind aangespreek. 

​

​

​

Meer oor 'n Kinderkinetikus?

Kwalifikasies van 'n Kinderkinetikus

Alle Kinderkinetici moet oor 'n Menslike Bewegingskunde voorgraadse kwalifikasie beskik asook 'n Honneursgraad met spesialisering in Kinderkinetika om te mag praktiseer. Elke praktiserende Kinderkinetikus moet ook geregistreer wees by die Suid-Afrikaanse Professionele Instituut vir Kinderkinetika (SAPIK). Kinderkinetici beskik ook oor 'n verskeidendheid sportafrigting kwalifikasies.

​

​

​

Waarom ons?
  • Ons programme is van hoogstaande kwaliteit.

  • Ons bied kinders die geleentheid om te leer deur te speel

  • Ons programme is sinvol uitgewerk om elke kind se behoefte aan te spreek

  • Gestandardiseerde, wetenskaplike assessering van kinders en programme vind plaas

  • Gekwalifiseerde en ervare Kinderkinetici werk met die kinders

 

Ons programme is ontwerp om die optimale motoriese ontwikkeling van elke kind te bewerkstellig deur middel van deelname aan 'n volledige, wetenskaplik-saamgestelde en goed beplande fisieke aktiwiteite.  Elke aktiwiteit word aangepas of verander om elke kind se individuele ouderdoms- en ontwikkelingsbehoeftes aan te spreek. Elke les word noukeurig vooruit beplan sodat die deelnemers die nodige vaardighede kan ontwikkel.  Alle Kinderkinetici is hoogs gekwalifiseer in die professie. Kinderkinetika ontwikkel die kind in totaliteit en poog om gesonde, gelukkige, goed-ontwikkelde en aktiewe kinders op te lei wat 'n aanwins vir die samelewing is.

Kinderkinetika is die enigste program wat in skole aangebied word waar die totale ontwikkeling van kinders aangespreek word.

carolienandben.com-85.jpg
carolienandben.com-57.jpg
carolienandben.com-43.jpg
carolienandben.com_kk2-103.jpg
carolienandben.com-85.jpg
Nothing to book right now. Check back soon.
bottom of page