top of page

Wie is ons

Leer ons personeel wat met jou kind werk, beter ken

Eienaar en Praktykbestuurder

Lize-Marie Kruger

Kinderkinetikus

Lize-Marie is 'n splinternuwe mamma (van 'n 4 maande oue baba) met ‘n passie vir aktief wees. Sy het ‘n groot liefde vir kinders wat waarskynlik spruit vanuit haar groot familie.

Sy geniet dit om saam met kinders te speel, beweeg en leer, en ook om hul “moeilike” vragies te vra soos “hoe lank ken jy al vir mamma?”

Haar gemaklikheid met kinders, haar passie en liefde vir beweging stel haar in staat om haar roeping voluit na te streef.

 

Lize-Marie het haar graad in Sportsielkunde verwerf in 2018 en haar honneursgraad in Menslike Bewegingskunde met Kinderkinetika in 2020. Hierdie studies het haar toegerus met kennis oor kinderontwikkeling, evaluering van kinders, grootmotoriese boublokke, breinontwikkeling, sportvaardighede en vele meer.

carolienandben.com_kk2-48.jpg

Kwalifikasies:

  BA Honneurs Kinderkinetika (NWU 2020)

  BA Sportsielkunde (UP 2018)

carolienandben.com_kk2-52.jpg

Finansies

Innecke Dednam

Mamma van 3

Innecke is ‘n mamma van drie woelwaters, 7, 4 en 2 jaar oud.  Sy is ook ‘n boekhouer wat van die huis af werk sodat sy genoeg tyd saam met haar kinders kan spandeer.  Sy het haar Honneurs in Rekeningkunde verwerf by die NWU in 2011.  Sy is lief vir lees en die natuur.  Al drie haar kindertjies doen ook kinderkinetika van baba-tyd af en dit is vir haar lekker om haar beroep en passie vir kinders so te kan saamvoeg by Moot Kinderkinetika.

Irma van Reenen

Kinderkinetikus

Irma is avontuurlustige jong vrou met ‘n groot hart vir kinders. Sy geniet dit om vir kinders verskillende aktiwiteite aan te bied wat hulle laat groei in hulle
grootmotoriese ontwikkeling.
Haar passie is om kinders te help om hulle volle potensiaal te bereik en haar liefde vir die natuur, buitelug en beweeg stel haar in staat om haar werk te kan doen en dit te geniet.
Irma het haar honneursgraad in Kinderkinetika in 2014 verwerf en het daarna haar Meestersgraad aangepak en dit in 2019 voltooi. Haar Meestergraad oor "peseptueel-motoriese ontwikkeling in kleuters" het haar veral toegerus om met die 3-6 jariges te kan werk.

Irma.jpg

Kwalifikasies:

Magister Scientiae in Kinderkinetika (NWU 2019)
BSc in Kinderkinetika (NWU 2015)
BSc in Menslike Bewegingskunde en Voeding (NWU 2014)

Kwalifikasies:

  Bcom Rek (NWU 2009)

  Belastingspraktisyn

Bruce.jpg

Kwalifikasies:

Dip. Sportbestuur (CA)

Mauresmo Bruce

Assistent Kinderkinetikus

Mauresmo is ‘n jong, energieke dame wat daarvan hou om vir haarself nuwe uitdagings te stel. Sy het haar liefde vir kinders ontdek tydens haar studies, terwyl sy as praktiese ure ‘n 0/6 netbal spannetjie afgerig het. 
Sy het daarna onmiddelik geweet sy wil graag kinders op ‘n meer spesifieke manier help om hulle volle potensiaal te berreik.

Sy het haar studies voltooi by Centurion Akademie en 'n diploma in sportbestuur verwerf. 

carolienandben.com_kk2-55.jpg

Stigter en vorige eienaar

Karyna le Roux

Kinderkinetikus en mamma van 5

Met 'n liefde vir kinders en ‘n passie vir beweging en ‘n liefde vir die lewe begin Karyna haar eie Kinderkinetika praktyk in 2011. Die praktyk eers bekend as "Le Roux Kinderkinetika" kry in 2021 'n nuwe baadjie en die naam verander na "Moot Kinderkinetika". 

Die praktyk sou nie gewees het waar hy vandag is nie sonder die insette en harde werk van Karyna nie. 

Karyna het steeds 'n noue band met die praktyk en gee steeds raad waar nodig. Haar jongste woon ook weekliks steeds die groepslesse by. 

bottom of page