top of page

Ons Programme

Babakinetika

0-12 maande

carolienandben.com_kk2-14.jpg

Stimulerende, prettige mamma-baba klassies. Ons fokus op mylpaalontwikkeling, liedjies sing, grootmotoriese vaardighede, visuele stimulasie, ouditiewe stimulasie, kinestetiese ontwikkeling en sensoriese ervaring. 

Kom leer hoe om jou baba te masseer, watter speletjies om te speel en hoe om hom/haar reg te stimuleer tydens hierdie weeklikse sessies.



Mammas deel ook vreugdes, vrese, raad en oplossings oor alledaagse babadinge.

Voorskoolse program

1 - 5 jariges

Kom leer en ontdek saam met jou kind hoe sy lyfie op ‘n motoriese vlak werk. Ons maak breintjies slim deur te speel, skop, vang, gooi, balanseer, klim en klouter en soveel meer. Stimulasieklasse poog om kinders skoolgereed te kry en enige agterstande vroegtydig op te merk en aan te spreek. Ons leer ook liedjies, rympies en maatjies maak.

carolienandben.com-57.jpg

Welstand

6 + jariges

carolienandben.com-120.jpg

Kom leer en oefen die onderbou van basiese sportvaardighede. Kom word ook lekker slim deur jou lyf te gebruik. Ons leer sommer ook van ander sportsoorte en speel, klim, klouter, hardloop, dans, sing en word baie slim! Ons oefen ook sommer daai spiere en maak al die paadjies in die brein oop sodat jy lekker kan leer op skool! 

Perseptueel-motories

6 - 9 jariges

6 tot 9 jaar is ‘n belangrike ouderdom om alle probleme wat moontlik in die klaskamer mag ontstaan as gevolg van ‘n bewegingsagterstand te ondervang en aan te spreek deur ‘n bewegingsprogram.  Die ontwikkeling van ‘n kind se bewegingsvaardighede kan ook skoolprestasie verbeter en leer- en leesprobleme voorkom of verbeter.  ï»¿

carolienandben.com-93.jpg

Remediërende

5 - 13 jariges

carolienandben.com-173.jpg

Baie leer/lees/aandagprobleme kan moontlik as gevolg van motoriese agterstande ontstaan. Baie kinders sukkel om te konsentreer in die klas omdat hulle lae spiertonus of swak balans het. Dmv remediërende programme kan motoriese agterstande aangespreek en skoolprestasie verbeter word.

Aanlyn

lesse

Aanlyn dienste wat al ons ander programme se videos bevat.

​

Hier sal jy toegang kry tot:

Babakinetika

Voorskoolse program

Perseptueel-motoriese program

Welstand program

Remediërende program

carolienandben.com-93.jpg
bottom of page