Voordele van strek
Voorkom beserings
Help met die herstel van spiere na fisiese aktiwiteite
Soepel kinders = Soepel volwassenes
Verminder spierspanning
Ondersteun gewrig-gesondheid
Verbeter bloedvloei na spiere
Dra by tot 'n goeie gemoed!

Speel die volgende speletjies:
Pannekoekbak
Sit plat op jou boude met bene oopgestrek voor jou
Bak pannekoek
Gaan haal die bestanddele hoog op die rak (strek dan op na bo met arms)
Gooi dit in die "bak" voor jou en roer (strek dan na voor sodat bene strek, probeer elke keer jou tone raak. Een been op ń slag)
Herhaal met al die bestanddele
Bak en rol die pannekoek (strek dan reguit vorentoe)
Raak die dak
Staan regop, bene teenmekaar
Strek op na die dak en tel die verf van die hoogste rak af
Buk vooroor met reguit bene en verf jou tone
Speel elke keer jy verf met ń ander kleur
Comments