top of page
Search

Kruip al kan jy loop

  • Writer: Karynakinetika
    Karynakinetika
  • May 4, 2020
  • 1 min read

Het jy geweet dat kruip-aktiwiteite fantasties is vir die ontwikkeling van groot-motoriese vaardighede van kinders van enige ouderdom? Kruip ontwikkel spiere in die arms, bene, skouers, maag, hande en voete, sowel as algehele koördinasie.


ree

Kruip is nie net vir babas nie

Moedig jou ouer kind ook aan om te kruip. Kruip ontwikkel die skouergordel en ook maagspiere. Dit oefen midlynkruisings en koördinasie. Kruip bietjie saam met jou kind vir 'n lekker oefensessie.



Hoe kan ons kruip so bietjie anders doen?

  • Kruip bo-oor goed

  • Kruip onder-deur

  • Kruip terwyl jy die bal met jou kop stoot

  • Kruip agteruit

  • Kruip op jou letters, syfers en somme

  • Kruip in die huis rond van een punt na die volgende


 
 
 

Comments


Kontak ons

Kantoor
064 680 0809

Wil jy meer van ons hoor?

  • Facebook
  • YouTube
  • Instagram

Dankie!

© 2024 Moot Kinderkinetika

bottom of page