top of page
Search
Writer's pictureKarynakinetika

Dankbaar oor mylpale

Daar is min goed vir my so oulik soos ń baba wat kruip. Hulle doen dit vir só kort rukkie van hulle lewe maar tog is dit so belangrike mylpaal. Dis ons 5de babatjie wat begin kruip en tog staan ek steeds verwonderd oor hoe sy lyfie, brein en emosies saamwerk om hierdie taak te verrig.


Verlede week was hy nog ń baba wat kort-kort knieserig en geirriteerd rondgesit totdat ons hom optel. Nou is hy ń vry man wat die hele wêreld verken, kaste uitpak, hondemis in die hande kry, planne maak en beweeg.



En wat ń voorreg en genade dat hy kán kruip en beweeg. Ons aanvaar mylpale en ontwikkeling so dikwels as vanselfsprekend en vergeet soms om dankie te sê daarvoor.


Sê vanaand dankie vir elke klein dingetjie wat jou kind kan doen. En ook elke stukkie groei, ontwikkeling of vordering wat jy gedurende hierdie grendeltyd saam met hom kon beleef. Dis alles genade!!!


Dink ook aan mammas wie se harte seer is omdat hulle kinders nie so "normaal" ontwikkel nie. En ook dié wie graag mammas sal wil wees...


Ons is almal mammas wat vir ons kinders lief is met hulle sterk-en swakpunte. En om kinders te mag hê is ń genade en voorreg.



13 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page